Wat glo ons?

Ons glo in die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, wat Homself aan ons openbaar in Sy Woord, die Bybel, soos saamgevat in die Gereformeerde Belydenisskrifte, naamlik: Die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus, en die Dordtse Leerreëls, asook in die drie Geloofsbelydenisse, naamlik: die Apostoliese Geloofsbelydenis, die Geloofsbelydenis van Nicéa en die Geloofsbelydenis van Athanasius.

Text Box: Dooplidmate doen die volgende Geloofsbelydenis, wanneer hulle Belydende Lidmate word:

Ek glo die Woord van God, soos dit in die Ou en Nuwe Testament opgeteken is, in die Artikels van die Christelike geloof bely word, en in hierdie Christelike Gemeente geleer word.

Ek aanvaar dat dit die ware en volkome leer van die saligheid is en ek verklaar dat dit my persoonlike geloofsoortuiging is en ek bely daarmee dat Jesus Christus my Here en Verlosser is.

Ek beloof om as lidmaat van die Gemeente van Christus, deur Sy genade, in die belydenis van dié leer, tot die einde van my lewe te volhard, en alle leringe wat daarvan afwyk, te verwerp.

Ek bely dat ek die Here lief het, en ek beloof om Hom te dien, volgens die eise van Sy Woord:

· teen die sonde te stry,

· myself tot beskikking van God te stel,

· Sy Naam getrou te bely voor die mense, en

· om aktief aan die werksaamhede van Sy kerk deel te neem .

Ek onderwerp myself aan die kerklike opsig en tug.

Falcon Ridge

NG Falcon Ridge Kontakbesonderhede:

Kerkkantoor Telefoon:   +27 060 889 7537

Faks na e-pos:                +27 86 224 7000

Dr. Sarel Marais               +27 82 580 1848

 

E-pos: ngfalconridge@gmail.com

 

Posadres: Posbus 28337

                 Sonlandpark

                 1944

 

 

 

 

Missie

Wie is ons?

Waar is ons

Wat glo ons?

Wat doen ons?

Projekte

Personeel

Skakels

Die Bybel | We Deal Goods