Ons bid dat Falcon Ridge Gemeente tot Eer van die drie-enige God, ‘n Heilige Liefdesgemeenskap sal wees, wat die Koninkryk van God uitbrei op pad na Geestelike Volwassenheid. Daarom word die volgende dienste gelewer:

Wat doen ons?

Daar word elke Sondagoggend ‘n kindervriendelike Erediens  tot Eer van God gehou om 09:00.

Sondagaande, wanneer dit nie ‘n langnaweek of skoolvakansie is nie, word Aanddienste gehou om 18:00. Tydens die lang skoolvakansies word Eredienste gesamentlik met Unitaspark Gemeente om die beurt gehou.

Op Goeie  Vrydag (09:00), en Kersdag (08:00) word Eredienste gehou.

Op Hemelvaartdag en tydens Pinkster, word Eredienste om 19:00 gehou.  Op Pinkstersondagaand word ‘n “Quality Street” Sangdiens (18:00) gehou. Dan sing ons tydens die hele Erediens almal se gunsteling liedere volgens versoeke, want almal het mos ‘n “favourite favourite”!

Die Heilige Nagmaal word een keer per kwartaal en op Goeie Vrydag gevier.

Die Heilige Doop en Huwelike word per afspraak bedien en bevestig.

Eredienste:     

Tydens Skoolkwartale word Sondagskool of Bybelonderrigklasse aangebied om 10:00 vir Graad 0/R tot 11.

Daar word van betroubare Kategete of Sondagskoolonderwysers gebruik gemaak en jaarliks word ‘n toerustingskursus vir Kategete aangebied.

Vir meer inligting kan die Leierkategeet,

Vakant

of die Administrateur,

Annie Coetzer

 (082) 357-0389, gekontak word.

Bybelonderrig of Sondagskool:

Daar is weekliks 2 Jeugbyeenkomste:

Valkies:

Jeugaksie vir Laerskooljeug, wat Sondae 16:30 vergader.

Arende:

Jeugaksie vir Hoërskooljeug, wat Sondae om 19:00 vergader.

Jeugaksies:

Tarentale:

Die Tarentale is ‘n Bybelstudiegroep, wat Woensdae  om 10:00 byeenkom om saam Bybelstudie te doen.

 

 

 

 

Bybelstudie:

Vrouelidmate:

Gebedsgroep:

Die Vrouelidmate lewer ‘n diens van onskatbare waarde, onder leiding van Sanet Uys (072)596-1393

Die Uile is ons gemeente se gebedsgroep. Hulle doen voorbidding op versoek. Stuur u gebedsversoeke via SMS of WhatsApp onder die opskrif: “Uile” na Dr. Sarel Marais

 (082 580 1848)

Gemeenskapsbetrokkenheid:

Ons is betrokke by Avondrus Tehuis vir Bejaardes, Catherine Robson Kinderhuis, NG Welsyn Vereeniging, Sedibeng Children’s Haven, verskeie Voedingskemas, waaronder die Strale van Hoop Projek, die verspreiding van klere aan hulpbehoewendes, Bybelverspreiding, Sendingwerk, Geopende Deure, Feba Radio, Radiokansel, CEF, ens.

NG Welsyn beskik oor bekwame professionele maatskaplike werkers, saam met wie ons nou saamwerk om diens van barmhartigheid in die gemeenskap te lewer.

Ons huisves ook die kantore van Vaal Care, ’n nie winsgewende organisasie, wat  die gemeenskap dien met ouerleiding, trauma berading, kinder assessering, egskeidingsmediasie, ouerskapsplanne, ens.

Verder het ’n geregistreerde berader, Hettie de Sousa, ook ʼn kantoor op ons Kerkterrein. Sy kan gekontak word vir afsprake op: 084 701 7904

Falcon Ridge

NG Falcon Ridge Kontakbesonderhede:

Kerkkantoor Telefoon:   +27 060 889 7537

Faks na e-pos:                +27 86 224 7000

Dr. Sarel Marais               +27 82 580 1848

 

E-pos: ngfalconridge@gmail.com

 

Posadres: Posbus 28337

                 Sonlandpark

                 1944

 

 

 

 

Erediens Opnames:

 

Eredienste word Sondae opgeneem en in die daaropvolgende week per WhatsApp uitgestuur .

Stuur asseblief ’n versoek via WhatsApp na +27 82 580 1848 indien u graag hierdie opnames wil ontvang.

Missie

Wie is ons?

Waar is ons

Wat glo ons?

Wat doen ons?

Projekte

Personeel

Skakels